Die kleure op almal se lippe!
Die show stopper van die jaar 2024 is Peach Fuzz.
Dis ‘n warm en sagte kleur. Dui op ‘n gevoel van rustigheid, gemak, warmte en eenheid in elke dag se leefwyses. ‘n Kleur wat verseker vir die warmer kleur seisoen gaan geskik wees. Daar is wel weer verskillende skakerings van die kleur Peach Fuzz te sien so maak seker om JOU geskikte skakering te vind. So maklik soos 1,2,3 met n kleur analise van The Crown.

Skakerings van groen
Verskillende skakerings van groen gaan seevier. Groen is ook ‘n kleur van groei. Donkerder skakerings van groen dui op koue groen kleur en groene wat ligter is en meer ‘n geel ondertoon bevat dui op ‘n warm groen kleur.



Konings Blou (Royal blue)
Konings blou is n show stopper kleur vir n winter kleurseisoen dame! Hulle lyk beedskoon, stylvol en klassiek hierin! Dis tydloos en klassiek!

Donker Rooi
‘n Diep donker ryk kleur wat aandui op leierskap, selfvertroue, en energie.
Dis ‘n baie treffende kleur as jy ‘n inpak wil maak by ‘n belangrike vergadering of verseker nie vergeet wil word na ‘n gesellige oggend funksie nie.

Geel
Botter geel is verseker die voorloper hier. Baie vrouens is bang en benoud om geel te dra… NEE moet asb nie wees nie daar is in elke kleur ‘n skakering vir elke vrou wat haar soos ‘n miljoen dollars gaan laat lyk en voel. Dit is NOU die tyd om uit te vind watter skakerings jou gaan laat blom!


Lilac (Ligte pers)
Lig pers simboliseer nostalgie en vroulikheid. Dis sag en vrolik.

Met al die nodige inligting en en raad sal jy verseker kan wees dat jou volgende items van J&S Creations stylvol en gesofistikeerd sal wees.
Hierdie insiggewende artikel is met sorg en professionaliteit saamgestel deur Lizanne van The Crown, ‘n gerespekteerde Image Consultant. Vir meer persoonlike styladvies en konsultasies kan jy Lizanne kontak op:
📞 Tel: 069 588 0685
💬 WhatsApp: Stuur ‘n boodskap
👍 Facebook: The Crown
📸 Instagram: the_crown_image
📧 E-pos: the.crown.image.consultant@gmail.com
🔗 Link tree: The Crown Image Consultant
Vir ‘n toekoms waar jou klerekas so uniek soos jou persoonlikheid is, …maak vandag nog ‘n afspraak by Lizanne!
