Staan jy voor die spieël en wonder of jou toppie te lank of te kort is? Waar moet jou toppie of baadjie nou eintlik sit? Wonder jy wat is vandag fout met die uitrusting jy lyk sommer korter? Verseker jou lengte lyne! Lengte lyne 1-10 is ‘n belangrike aspek as dit by styl en voorkoms kom.

Die Belangrikheid van Lengte Lyne

Lengte lyne speel ‘n baie belangrike rol wanneer dit by jou uitrusting en voorkoms kom. Jou liggaamsvorm is ook ‘n belangrike aspek. As jou rok of romp se lengte lyn verkeerd is, lyk jy sommer korter en ronder, maar indien dit reg is, voel jy beter en lyk langer en slanker.

Beklemtoning en Verbloeming van Liggaamsdele

Lengte lyne beklemtoon of verbloem ook liggaamsdele, daarom is dit so belangrik om seker te maak jy dra jou lengte lyne reg.

Hoe om Lengte Lyne te Bepaal

Lengte lyne word bepaal deur jou kop se lengte wat 8 keer in jou lyf se lengte inpas.

Aanbevelings vir Dra van Klere

Dit is altyd wys om baadjies op lengte lyn 7 te dra, toppies op lengte lyn 6 en broeke op lengte lyn 5. Indien jy ‘n langer toppie wil dra, is lengte lyn 7 geskik daarvoor.

Waar Bepaal Ek Elke Lengte Lyn?

Lengte lyn 7 is waar, as jy met jou arms reguit langs jou lyf afstaan, daar waar jy ‘n lyntjie met jou duim op jou been kan trek, dit is lengte lyn 7. Lengte lyn 6 is omtrent ‘n vuis lengte onder jou naeltjie. Lengte lyn 5 is by jou heup been net so onder jou naeltjie.

Sien Gerus Foto’s

Sien gerus foto’s aangeheg om die lengte lyne aan te dui.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

BPC REPORT 4: 1.3.0 Free Checklist Not Completed, 23/02/2025 08:02:20 Deactivated Has SSL Cookies disabeled or was accepted
×

Did you know that you can place your orders via WhatsApp? Click Here to get started.

All search results
0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop