Lees gerus hier en gaan grawe diep in jou juwele boksie na skate wat verseker nou gedra kan word!
Juwele en juweelstyle wat nou in die mode is:
- “Sculptured minimalism” is die juweliersware tendens wat lyk na skoon eenvoudige juwele, maar wat lyk soos ‘n beeldhoutstuk!

- Die druppelvormige oorbel is n groot tendens. Ringe, halssnoere en armbande wat bonkige kurwes het.

- Layering van hangertjies is ‘n groot tendens

- Pêrels is n groot tendens wat gemeng is met ander metale.

- ‘n Tikkie rooi bykomstigejde

- Bonkige armband

- Borsspelde

- 3-D blomme

- Bonkige (statement) oorbelle.

Daar is verseker vir almal iets om te geniet die winter! Kikker gerus jou uitrustig op met besonderse juwele wat verseker jou uitrusting van vaal na vrolik en vroulik sal neem!
Lekker speel en eksperimenteer – TIP: indien jy bonkige oorbelle dra dra jy niks om jou nek nie indien jy ‘n hangertjie(s) wil dra moet jy ‘n plein, klein minimalistiese oorbel soos ‘n stud saam dit dra, indien jy ook nog n bonkige oorbel saam jou bonkige hangertjie(s) dra mag dit dalk net soos hersversierings aan die kersboom lyk.
Kyk gerus ook na die kleure in jou uitrusting om inspirasie te put vir watter kleur juwele om daar by te dra indien jy kostuum juwele sou wou dra eerder as egte goud of silver.