Die perfekte winterbroek vir koue oggende, gemaklike dae en moeitelose styl bestaan rêrig – en dis ons Track Pants with Cuff. Of jy nou tuis is, êrens heen moet gaan, of net gemaklik maar netjies wil lyk, hierdie broek gaan jou nuwe gunsteling wees. Gemaak met ’n ongelooflike lekker materiaal, pasgemaak net vir jou… en geen donsies na die eerste was nie!
✨ Die perfekte winterbroek bestaan – en sy het ’n cuff!
Dis nie sommer enige “track pant” nie. Hierdie broek het ’n stylvolle cuff by die enkel wat haar netjies laat afwerk, of jy nou tekkies of loafers dra. Sy sit nie styf of pap nie – dis net daai perfekte balans tussen gemak en styl. Jy gaan haar letterlik nie wil uittrek nie.

đź’› Geen donsies, geen drama
Die Terry Knit materiaal wat ons gebruik is iets besonders. Sag, rekbaar en warm – maar sonder daardie nare verrassing van klein wolletjies en donsies ná die eerste was. Jy was haar weer en weer, en sy lyk steeds splinternuut. Dis ’n winterbroek wat jy met trots dra, en sy hou lank mooi.

🎨 Jou styl, jou kleur, jou pas
Soos altyd by J&S Creations, word hierdie broek op bestelling gemaak volgens jou grootte of spesifieke mates. Jy kies die kleur én watter van ons Terry Knit materiale jy wil hê. Geen opdringerige “one size fits all” nie – net klere wat regtig vir jou gemaak is.
🛍️ Bestel nou – en jy hoef nie eers vol te betaal nie
Gebruik Payflex of PayJustNow.com om in paaiemente te betaal – en ons begin steeds dadelik met jou bestelling! Jy wag net die gewone 5 tot 21 werksdae terwyl ons dit met liefde vir jou maak. Jy hoef niks uit te stel nie.
Soos altyd by J&S Creations maak ons dit spesiaal vir jou volgens jou grootte of jou spesifieke mates en jou kleurkeuse. đź’› Want jy verdien klere wat gemaklik sit en jou goed laat voel!
Wil jy graag pryse sien, ander kleure en ook ons verskillende materiaal-opsies? Kliek HIER of WhatsApp vir Charlene by 064 505 6891 – sy help jou met graagte! 💬