Daar is baie van ons wat nie weet presies hoe om ons uitrustings af te rond nie.
So ek het vir julle ‘n paar riglyne en ‘tips’ reggekry. Hoop hulle help ♥
  1. Kry die basiese fondasie van uitrustings gereed. Goeie gehalte broeke, toppies en rokke wat lank mooi gaan bly en wat jy maklik kan uitruil om verskillende uitrustings te vorm. Onthou kwaliteit is beter as hoeveelheid. ‘n Paar ordentlike stukke klere is beter as ‘n kas wat oorloop met klere wat uitgerek en son verblyk is.
  2. Neutrale kleure is altyd ‘n wenner.
  3. Nou kan jy lekker speel met juwele. Om te weet wat die ‘in ding’ huidig is, is maklik. Onthou dat ons baie dames het wat klein besighede het en die mooiste hangertjies en bybehore maak. Ondersteun ons mense ♥ Gewone goue en silver juwele is altyd ‘n wenner.
  4. ‘n Ordentlike baadjie, trui, cardigan of jas is altyd welkom. Dit rond ‘n uitrusting mooi af. Hou by eenvoudige kleure soos swart.
  5. ‘n Belt rond ‘n uitrusting mooi af. ‘n Belt met ‘n mooi ‘buckle’ kan wondere verrig en enige uitrusting baie duursaam laat lyk. ‘n Belt help ook om die middeltjie uit te laat staan wat aandag van die boude af wegtrek.
  6. Wit, Beige of Roomkleurige materiaal laat enige uitrusting duursaam lyk. ‘n Wit toppie lyk meer formeel so perfek vir werk of vergaderings.
  7. Net so ook, lyk ‘n vol swart uitrusting sommer baie gesofistikeerd.
  8. Vermy die ‘verblykte’ denim soorte as jou doel is om jou uitrusting duursaam te laat lyk. ‘n Donker blou denim lyk die beste.
  9. Stoom jou klere voordat jy dit aantrek.
  10. Koop klere wat jou pas. Niks komplimenteer jou uitrusting meer as klere wat reg op jou kurwes val nie.
  11. Geniet dit om aan te trek, moet dit nie oordoen nie. Swaar grimering, bonkige juwele, groot hare (dink ek nou aan die 80tigs haha) en oorbodige handsakke en belde gaan jou soos ‘n nar laat lyk.
  12. Vroulik BO Sexy!
  13. Los iets vir die verbeelding! Om teveel vel te wys laat jou uitrusting ‘goedkoop’ voorkom en spoel dan ook oor na wat mense naderhand dink van jou as mens ook.
  14. Hoë hak skoene, enkel boots, lang boots, deftige leër toe toon skoene is altyd wenners!
  15. Rond jou uitrusting af met jou gunsteling sagte parfuum ♥

Maar Janie, hoekom wil ek hê my uitrustings moet duursaam lyk?

Ek gaan hierdie vraag antwoord uit ‘n ma, dogter, vrou en besigheids eienaar se oogpunt.
Ons almal was op skool en weet hoe wreed kinders kan wees. Kinders sal maklik mekaar boelie oor die voorkoms van hulle ouers (veral mamma sin). Dit leer ook jou kinders dat om jouself te versorg ‘n goeie ding is en dit help met jou selfvertroue.
As ‘n dogter wil ons hê ons eie moeders moet trots voel en voel dat hulle ‘n goeie voorbeeld was vir ons met betrekking tot vrouwees. Dus wil ek mooi lyk wanneer my ma my sien. As ‘n getroude vrou wil ek hê dat my man my aantreklik moet vind en trots moet wees wanneer hy saam my in die dorp rondloop.
As ‘n besigheids eienaar gee dit my selfvetroue. Dit is soms intimiderend om met honderde kliënte weekliks te werk, so wanneer ek goed lyk voel ek beter oor my eie vermoëns en sien ek positief uit na nog ‘n dag. Mense wat my dan leer ken sien iemand wat profesioneel is, en oplet na die kleiner ‘details’ wat hulle die vertroue gee in my besigheid.
En kom ons gesels nou eerlik, wie wil NIE mooi lyk nie?
En jou klere hoef nie eers duur te gewees het om dit so te laat lyk nie! Solank dit kwaliteit is!
Onthou dan ook net dat JY die rede is dat ‘n uitrusting werk. Jou glimlag, postuur, die manier wat jy jouself as vrou dra bepaal die sukses van enige uitrusting.
Jou grote bepaal nie hoe duursaam of smaakvol jou uitrustings lyk nie.
Kontak my gerus indien jy bietjie meer wil gesels oor uitrustings en idees wat vir jou gaan werk.
Liefde,
Janie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

BPC REPORT 4: 1.3.0 Free Checklist Not Completed, 24/02/2025 08:00:22 Deactivated Has SSL Cookies disabeled or was accepted
×

Did you know that you can place your orders via WhatsApp? Click Here to get started.

All search results
0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop