Hier staan ek alweer,

Voor jou deur,

My geliefde klerekas,

En weer staan en kommer ek of daai nommertjie nog sal pas.

 

My salaris laat my nie altyd toe,

Om jou propvol nuwe goed,

Te kan vul en druk nie,

Want soms is die beursie… nie lekker duk nie.

 

Ai geliefde klerekas, my lewenslange vriendin,

My maats, my medewerkers en my gesin,

Weet tog regtig bitter min,

Van my struikelblokke deur dik en dun.

 

Hier hang ‘n bloesie, van die jaar toet,

Al die herinneringe is met dié een net goed,

Maar soos die lewe nie stilstaan en aan beweeg sonder ophou,

So is jou klere outyds, jou ‘look’ is nou vlou.

 

Ai geliefde klerekas, as ek nou die lotto sou wen,

Sou ek soveel aanlyn en kettingwinkels verken,

Jy sou bars uit jou nate, jou rakke sou kraak,

Want hierdie vrou sou jou oorlopend vol maak.

 

Maar vandag is nie daai dag nie,

En ek is nie ondankbaar nie,

Nog altyd het jy my mooi aangetrek, my geliefde klerekas

So jou inhoud sal ek sorgvuldig oppas.

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

BPC REPORT 4: 1.3.0 Free Checklist Not Completed, 24/02/2025 08:00:22 Deactivated Has SSL Cookies disabeled or was accepted
×

Did you know that you can place your orders via WhatsApp? Click Here to get started.

All search results
0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop