Daar is baie van ons wat nie weet presies hoe om ons uitrustings af te rond nie.
So ek het vir julle ‘n paar riglyne en ‘tips’ reggekry. Hoop hulle help ♥
-
Kry die basiese fondasie van uitrustings gereed. Goeie gehalte broeke, toppies en rokke wat lank mooi gaan bly en wat jy maklik kan uitruil om verskillende uitrustings te vorm. Onthou kwaliteit is beter as hoeveelheid. ‘n Paar ordentlike stukke klere is beter as ‘n kas wat oorloop met klere wat uitgerek en son verblyk is.
-
Neutrale kleure is altyd ‘n wenner.
-
Nou kan jy lekker speel met juwele. Om te weet wat die ‘in ding’ huidig is, is maklik. Onthou dat ons baie dames het wat klein besighede het en die mooiste hangertjies en bybehore maak. Ondersteun ons mense ♥ Gewone goue en silver juwele is altyd ‘n wenner.
-
‘n Ordentlike baadjie, trui, cardigan of jas is altyd welkom. Dit rond ‘n uitrusting mooi af. Hou by eenvoudige kleure soos swart.
-
‘n Belt rond ‘n uitrusting mooi af. ‘n Belt met ‘n mooi ‘buckle’ kan wondere verrig en enige uitrusting baie duursaam laat lyk. ‘n Belt help ook om die middeltjie uit te laat staan wat aandag van die boude af wegtrek.
-
Wit, Beige of Roomkleurige materiaal laat enige uitrusting duursaam lyk. ‘n Wit toppie lyk meer formeel so perfek vir werk of vergaderings.
-
Net so ook, lyk ‘n vol swart uitrusting sommer baie gesofistikeerd.
-
Vermy die ‘verblykte’ denim soorte as jou doel is om jou uitrusting duursaam te laat lyk. ‘n Donker blou denim lyk die beste.
-
Stoom jou klere voordat jy dit aantrek.
-
Koop klere wat jou pas. Niks komplimenteer jou uitrusting meer as klere wat reg op jou kurwes val nie.
-
Geniet dit om aan te trek, moet dit nie oordoen nie. Swaar grimering, bonkige juwele, groot hare (dink ek nou aan die 80tigs haha) en oorbodige handsakke en belde gaan jou soos ‘n nar laat lyk.
-
Vroulik BO Sexy!
-
Los iets vir die verbeelding! Om teveel vel te wys laat jou uitrusting ‘goedkoop’ voorkom en spoel dan ook oor na wat mense naderhand dink van jou as mens ook.
-
Hoë hak skoene, enkel boots, lang boots, deftige leër toe toon skoene is altyd wenners!
-
Rond jou uitrusting af met jou gunsteling sagte parfuum ♥