So baie van ons staan elke oggend op net om na die klere in ons kas te staar. “Ek het niks om aan te trek nie!” dink ons baie frustreerd. Dit terwyl ons kas te vol is vir nog ‘n paar skoene, of nog ‘n oulike bloesie.
Dit is dan maklik om ons gewig die skuld te gee, of selfs die broek of bloes. “Die broek sit te nou!” “Die bloesie se knope trek oop!”
Ons trek dan maar weer dieselfde uitrusting aan, doen ons hare dieselfde en gooi ‘n ligte lipstiffie op ons bleek lippies. Ons voel nie GOED oor hoe ons lyk nie, so nou doen ons nie moeite nie.
Besef jy dat jou grootste probleem eintlik maar net die feit is dat jy nie eintlik weet wat jou persoonlike styl is nie?
Daarom het ons hierdie artikel geskryf om vir jou ‘n liggie in die donker tonnel te gee, sodat jy elke oggend kan opsien na die nuwe dag en goed voel oor wie jy is en hoe jy lyk.
Ons gee graag vir jou ‘n paar wenke oor hoe om jou styl te vind;
- Tyd om jou kas oop te maak. Haal al die klere waarvan jy regtig hou, en gereeld dra en sit hulle op jou bed. Pak hulle mooi uitmekaar sodat jy ondersoek kan instel. Hoekom hou jy van die spesifieke klere stukke? Is dit hulle kleure? Die snitte? Die material? Skryf ‘n lysie neer van alles waarvan jy hou. Onthou om die grotes ook neer te pen.
- Nou dat jy weet waarvan jy hou gaan jy jou koffie beker volmaak en voor jou rekenaar gaan sit. Pinterest en Google is nou jou beste vriendinne. Jy gaan nou inspirasie soek. In jou ‘search’ gaan jy soek woorde intik soos “denim for size 40’ of ‘viscose spandex for size 46 female’ en gaan kyk dan wat vind jy. Dit waarvan jy hou skryf jy ook neer op jou lysie. Dink ook aan vriendinne en familie wat aantrek of grimeer op ‘n manier waarvan jy hou en wat jy dink by jou sal pas.
- Tyd vir navorsing! Nou kan jy op Google, Facebook en selfs Instagram gaan soek na besighede of individue wat die klere, grimering en skoene verkoop wat pas by jou lysie. Moenie ‘n aankoop afjaag nie, kyk ordentlik deur hulle reeks, en vergelyk hulle kwaliteit, pryse en diens met mekaar. Sommige kettingwinkels se klere hou nie lank nie, so is nie noodwendig ‘n goeie toewending van jou fondse nie. Waar ‘n duurder stuk in jou klere kas vir baie jare gaan hou.
- Begin met die ‘basics’. Plein kleure wat maklik uitgeruil kan word om meer as een uitrusting te vorm. Sodra jy ‘n paar kledingstukke het wat vir jou ‘n paar uitrusting opsies gee, dan kan jy na bonter en meer intense stukke kyk. “Fashion statement’ stukke. Dit is ‘n Goeie tyd om iets nuuts te probeer nou!
- Die klere wat jy regtig nie dra nie, en bêre vir, ‘eendag as ek maerder is’, hou jou net terug van ‘n lewe vol geluk. Tyd om hulle weg te gee. Sodra jy nie meer in daai broek vaskyk nie gaan jou gemoed verbeter. Jy gaan met ‘n glimlag na jou kas toe stap.
Jou grote bepaal nie jou styl nie!
Daar is ‘n magdom hulpbronne aanlyn, en baie videos op YouTube wat jou kan leer hoe om jou grimering en hare perfek te doen. Wat hou jou terug?
En onthou, LESS IS MORE! Niemand hoef soos ‘n nar te lyk nie. ‘n Ligte grimering en mooi lipstiffie sê baie oor ‘n dame se styl.
Ons hoor so baie dat die lewe kort is dat ons nie meer ag slaan daarop nie. Maar as jy nou ‘n oomblik vat en dink aan die onderwerp, regtig terugdink aan toe jy as ‘n kind sorgloos op die mat by jou ma se voete gespeel het, voel dit dalk soos gister…. Maar hoe lank terug is dit regtig?
Geniet jou lewe, en “look the part”
Niks laat jou mooier lyk as ‘n glimlag nie, en ‘n diep gelukkige glimlag kom slegs uit ‘n gelukkige hart.
Groete
Janie x