Ons almal het ‘n rolletjie iewers… want ons geniet ons kos! Ons is Suid Afrikaners en ons geniet ons vars brood, ons melktert, ons ouma se beskuit en biltong MET vet!
So ons heupies is dalk nou nie ‘Vogue’ perfek nie, en ‘so what’??
Kom ek gee julle gou ‘n paar wenke oor hoe julle die rolletjies kan wegsteek ?
- Bederf jouself met nuwe onderklere. Onderklere wat oud is rek naderhand uit en dit kan deur ons klere moontlik opgelet word en dit laat ons sommer soos ‘n slonskous voel. Nuwe onderklere se rek is stywer en help ons om alles op hulle plekke te hou. Klere wat bo-oor dit gedra word vertoon dan ook mooier. ‘n Te klein of stywe bra trek aandag na rugvet en laat ons sussies uitpeul aan die kante wat dan nou glad nie help met ons voorkoms nie.
- Kies ‘n bloesie met ‘n V-snit nek gepaard met ‘n mooi halsnoer en lang dun oorbelle om die nek ‘n langer en dunner voorkoms te gee. (Weg is die dubbelken!)
- Hou jou kleure keuses eenvoudig. Nie te bont nie. Hou by een enkel kleur indien moontlik.
- Vermy snitte wat styf om jou middel vasmaak. ‘n Los vloeiende bloes of rok steek makliker die maagie en heupies weg.
- Kies klere wat in mekaar in vloei.
- ‘n Swart lang broek met los pype (vermy ‘tight fit’) laat jou toe om dikker bobene weg te steek.
- Is jy lief vir strepe? Dra kledingstukke wat se strepe vertikaal in plaas van horisontaal is.
- ‘n Hakskoen laat jou bene automaties langer en maerder lyk.
- Dra klere wat die regte grotes is vir jou. Te groot laat jou groter lyk as wat jy is, en te klein laat jou rolletjies uithang. (Hier moet ek spog… dis presies hoekom die dames wat by ons bestel so mooi lyk want ons klere is presies volgens hulle mates)
- ‘n Gemaklike cardigan saam met jou uitrusting help jou om taktvol duk boarms, heupe en ‘n maagie weg te steek.
- ‘n Mooi beltjie om die middel trek positiewe aandag na jou middel toe.
- Hou jou juwele eenvoudig en fyn. Groot bonkige juwele gaan jou groot en bonkig laat voel en voorkom.
- Vat elke dag ‘n paar minute en oefen jou postuur. Die manier wat jy sit, stap en staan kan ook beinvloed hoe jou liggaam lyk. Staan regop, jy is beeldskoon! Wees trots! ?
- Ons is almal lief vir ‘n groot handsak, maar los dit vir die vakansie tye. Vir daaglikse drag kry vir jou ‘n handsak wat gerieflik alles kan hou wat jy benodig met ‘n lang ‘strap’ in plaas van ‘n groot handsak. (Niks groter as 30cm nie) Less is more!
Onthou ook, jy is nie wat ander mense dink nie. Jy lewe nie vir hulle opinies nie. Jy trek aan vir JOU, dat JY goed voel. Jy wil nie maerder lyk om iemand anders gelukkig te maak nie. Doen dit omdat jy dit vir jou eie selfvertroue wil hê en jou eie geluk.
Ek dink altyd daaraan dat op die ou Renaissance skilderye was al die tannies lekker mollig, en dit was hulle idee van skoonheid. As jy nie ‘n rolletjie gehad het nie en te maer was het hulle gedink daar is fout met jou!
Ons is nie vet nie dames, ons is Renaissance skilderye in ‘n verkeerde era!
Liefde,
Janie