Nes ‘n lekker sappige vleissnit op ‘n braaivleis vuur, kan min mense ‘n paar mooi heupe miskyk!
Nie net is hulle die mooiste rondings nie, maar hulle is ook die hoogtepunt van baie uitrustings. Sommige dames met kleiner borste verkies uitrustings wat bietjie meer hulle heupe laat uitstaan, waar ander dames met wyer heupe weer verkies om hulle bietjie te versteek en die aandag liefs op te laat trek na hulle borste toe.
Ons hier by J&S Creations Clothing het juis met die gedagte items in ons klerereeks spesifiek vir altwee kante van die hoola-hoop-heupe saga!
Ek wil graag vir my peer-vorm vriendinne 10 goue wenke gee:
- Dra broeke wat pype bietjie wyer is om jou vorm mooi af te rond
- Vermy ‘skinny’ tipe broeke.
- Vermy broeke met kant-sakke
- Kies ‘n broek of romp volgens die grote van jou heupe.
- A-lyn en Maxi tipe snitte is perfek vir jou.
- Jy sal pragtig lyk in ‘n ‘off the shoulder’ tipe bloesie.
- Dra plein kleure onder, en kleurvolle toppies bo.
- Ruil lang toppies uit vir kort snit toppies.
- Gebruik ‘n mooi beltjie om die middel te laat uitstaan.
- Hou ‘n paar hakskoene byderhand.
Vir my vriendinne sonder heupe:
- Dra lekker kleurvolle klere.
- Jy sal mooi lyk in ‘n romp met ‘n bloesie.
- Jy kan ‘pleats’ en frille dra en jy sal pragtig lyk daarin!
- Kry vir jou lekker ‘bootleg’ tipe broeke.
- Jou figuur kan ‘n ‘skinny’ broek sommer baie goed laat lyk!
- Steek in jou bloesies of dra korter snitte.
- ‘n Lekker baadjie of cardigan sal jou uitrustings mooi afrond. In die Somer kan jy die moulose opsie kies.
- ‘n A-lyn rok is altyd ‘n goeie idee.
- Dra ‘n lekker wye belt saam jou uitrusting.
So is ons elkeen uniek geskape, en kan ons elkeen ons eie unieke styl vind.
Onthou net, jy maak die OUTFIT…
Liefde,
Janie