3 Lae van hangertjies.
Dra die komende winter jou hangertjies in lae.
Wil jy soms meer as een hangertjie dra op ‘n oggend, maar hak vas by die gedagte dat jy sleg een kan dra? Taboe daarmee!
Dra gerus vir ‘n meer kreatiewe en stylvolle voorkoms meer as een hangertjie SAAM.
Wenke om hangertjies in lae te kan dra:
- Maak seker jy gebruik verskillende lengtes hangertjies dit is baie belangrik. Indien jy dieselfde lengtes saam gaan dra mag die hangertjies net koek.
- Maak gebruik van verskillende teksture van hangertjies. Dit lyk altyd baie interessant en stylvol wanneer teksture gemeng word.
- Lae hangertjies kan baie mooi lyk saam ‘n polonek trui in die winter asook ‘n ronde nek of v-nek top in die somer. Dis so veelsydig.
- Jy kan ook saam die langste hangertjie ‘n pendant dra.
Hier is ‘n paar voorbeelde van hangertjie style wat perfek vir elke dag dra sal werk.




Probeer gerus die styl uit en voeg sommer nog ‘n hangertjie of twee op jou wenslysie by.
Hierdie insiggewende artikel is met sorg en professionaliteit saamgestel deur Lizanne van The Crown, ‘n gerespekteerde Image Consultant. Vir meer persoonlike styladvies en konsultasies kan jy Lizanne kontak op:
📞 Tel: 069 588 0685
💬 WhatsApp: Stuur ‘n boodskap
👍 Facebook: The Crown
📸 Instagram: the_crown_image
📧 E-pos: the.crown.image.consultant@gmail.com
🔗 Link tree: The Crown Image Consultant
Vir ‘n toekoms waar jou klerekas so uniek soos jou persoonlikheid is, …maak vandag nog ‘n afspraak by Lizanne!
