Het jy geweet, om ingelig te wees oor jou liggaamsvorm is uiters belangrik wanneer dit kom by aantrek, stilering en kies van klere om die perfekte voorkoms te kan skep. Jou liggaamsvorm help om te bepaal waar op jou liggaam klem te plaas en waar om nie klem te plaas nie. Bv. As jy ‘n peer liggaamsvorm het moet jy verkieslik nie ‘n wye pyp broeke dra nie, dit gaan net nog meer klem op jou heupe en onderlyf plaas en dit nog swaarder laat vertoon. Jy moet dan fokus om klem op jou bo lyf en skouers te plaas deur ‘n pofmou toppie te dra, of skouer kussings in jou baadjies of ‘n bonkige kraag of serp te dra.

Aarbei of Omgekeerde Driehoek Liggaamsvorm (Inverted Traingle)

As ons kyk na ‘n aarbei of omgekeerde driehoek liggaamsvorm. Daar is die skouers/bo lyf die swaarste gedeelte. Ons wil dus nie nog fokus daar plaas nie. Ons gaan dan eerder kyk na ‘n patroon broek met ‘n effe kleur top. Ligte kleure beklemtoon meer en donker kleure verbloem.

Peer Liggaamsvorm

As jy ‘n peer liggaamsvorm het moet jy verkieslik nie ‘n wye pyp broeke dra nie, dit gaan net nog meer klem op jou heupe en onderlyf plaas en dit nog swaarder laat vertoon. Jy moet dan fokus om klem op jou bo lyf en skouers te plaas deur ‘n pofmou toppie te dra, of skouer kussings in jou baadjies of ‘n bonkige kraag of serp te dra.

Pilaar Liggaamsvorm

Die Pilaar liggaamsvorm is ‘n baie maklike liggaamsvorm om aan te trek maar kan maklik verkeerd aangetrek word. Omdat die hele lyf omtrent ewe groot en geen middle het nie, kan jy klem bo by die skouers plaas asook onder om die perfekte uurglas vorm te skep. Dit moet wel in balans wees.

Uurglas Liggaamsvorm

Uurglas liggaamsvorm is die gebalanseerde liggaamsvorm, maar kan baie maklik verkeerd aangetrek word. Ons moet klem lê om dit nie ‘n peervorm te maak nie ek seker te maak daar is balans die hele liggaam deur. ‘n Regtuit pyp broek met n mooi skouer detail baadjie sal geskik wees.

Appel Liggaamsvorm

Appel liggaamsvorm het ‘n grootter borsmaat en maag. Die appelfiguur dames het gewoonlik DIE mooiste bene! Daarom wil ons graag die bene beklemtoon en die bo lyf verbloem. Rokke en rompe asook patroon broek sal hier in orde wees.

Verskeie Liggaamsvorme

Maak aantrek maklik, moeiteloos en modern deur ingelig te wees oor jou liggaamsvorm.

Hierdie insiggewende artikel is met sorg en professionaliteit saamgestel deur Lizanne van The Crown, ‘n gerespekteerde Image Consultant. Vir meer persoonlike styladvies en konsultasies kan jy Lizanne kontak op:

📞 Tel: 069 588 0685

💬 WhatsApp: Stuur ‘n boodskap

👍 Facebook: The Crown

📸 Instagram: the_crown_image

📧 E-pos: the.crown.image.consultant@gmail.com

🔗 Link tree: The Crown Image Consultant

Vir ‘n toekoms waar jou klerekas so uniek soos jou persoonlikheid is, …maak vandag nog ‘n afspraak by Lizanne!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

BPC REPORT 4: 1.3.0 Free Checklist Not Completed, 23/02/2025 08:02:20 Deactivated Has SSL Cookies disabeled or was accepted
×

Did you know that you can place your orders via WhatsApp? Click Here to get started.

All search results
0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop