Ek hoor dit al meer: “Sy trek soos ’n Tannie aan.” Dis nie ’n kompliment nie. Dis wat die jong mense sê as iemand se klere oud en dowwerig lyk. Ek is self ’n Tannie, maar ek stem saam – moenie soos ’n Tannie aantrek nie.
Jy kan ouer wees en nog mooi lyk. Jy hoef nie stywe klere of minirokke aan te trek soos ’n Tiener nie. Maar jy hoef ook nie vormlose, vaal klere aan te trek nie. Jy kan gemaklik wees en steeds styl hê.
Dis nie nodig om soos ’n Tiener aan te trek om mooi te lyk nie
Jy kan:
- klere dra wat lekker sit
- kleure dra wat jou ophelder
- en steeds soos jouself voel
By J&S Creations maak ons klere vir vroue wat gemak soek, maar nie hul styl wil verloor nie.
Wat bedoel hulle as hulle sê iemand lyk soos ’n Tannie?
Dis gewoonlik:
- vaal, dowwe kleure
- klere wat los hang en niks wys nie
- niks spesiaals of stylvol aan nie
Maar jy hoef nie so aan te trek nie. Jy mag kleur dra. Jy mag ’n bietjie patroon dra. En jy mag goed voel in wat jy dra.
Wat werk regtig lekker vir ons wat oor 40is?
- Bont of helder toppies
- Wye moue as jy nie van jou bo-arms hou nie
- Rekbroeke wat nie druk nie
- ’n Mesh jassie oor ’n camisool of broekstel
Ons maak klere op bestelling. Jy kies self hoe lank, watter kleur en wat vir jou reg voel.



Wees trots op wie jy is – en hoe jy aantrek
Jy hoef nie soos ’n Tannie aan te trek nie. En jy hoef ook nie soos ’n Tiener aan te trek nie. Trek aan soos jy wil – gemaklik, mooi en met selfvertroue.
👉 Stuur vir ons ’n WhatsApp as jy moeg is vir winkelklere wat nie vir jou werk nie. Ons maak iets net vir jou.