Dit is baie belangrik om te besef, dat hoe jy elke dag aantrek jou beeld aan die wêreld weerspieël.  As jou foto van hoe jy vandag lyk, op ‘n groot advertensiebord in jou dorp verskyn, Sal jy gelukkig, tevrede en trots voel op die dame wat jy op die advertensiebord sien? Gaan jy wil hê dit is hoe almal jou moet sien?  Gaan jy twee keer kyk en sê WOW sy lyk beeldskoon!

Dis waar die werk van ‘n voorkomskonsultant begin.  Ek leer jou presies hoe, wat, waar en wat jy moet dra en nie moet dra nie sodat JY elke dag beeldskoon kan lyk en voel.  Voelgoed is die kern van elke dag!

Die eerste aspek wat ‘n groot rol in jou voorkoms speel is jou styl persoonlikheid of te wel jou persoonlike styl. Hoe trek jy aan?

Daar is ses soorte style persoonlikhede:

  1. Dramaties: Baie opvallende en moderne styl met sterk lyne en teksture.
  2. Klassiek: Tydlose elegansie, met neutrale kleure en hoë kwaliteit materiale.
  3. Natuurlik: Gemaklik en eenvoudig, met los klere van natuurlike materiale in aardse kleure.
  4. Gamine: Speels en jeugdig met ‘n bietjie manlike invloed en helder kleure.
  5. Ingenue: Sag en vroulik met fyn detail en ligte materiale.
  6. Romanties: Vroulik en sensueel met sagte lyne en besonderhede soos kant en ruffles.

Elkeen van die styl persoonlikhede het unieke voorkomsstyle en manier van aantrek!

Wat sal jou voorkomsstyl van jou uitrusting vandag weerspiëel?  Waar dink jy pas jy in?

Indien jy wil uitvind wat jou styl persoonlikheid is skakel gerus vir Lizanne van The Crown sodat ek jou kan help om die regte uitrustings te koop by J&S Creations

Met die hulp van The Crown en J&S Creations kan jy altyd fantasties lyk en voel. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

BPC REPORT 4: 1.3.0 Free Checklist Not Completed, 23/02/2025 08:02:20 Deactivated Has SSL Cookies disabeled or was accepted
×

Did you know that you can place your orders via WhatsApp? Click Here to get started.

All search results
0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop