Inleiding tot Persoonlike Bemagtiging en Styl

Dit is vir my ‘n groot eer en voorreg om saam met J&S Creations ‘n pad te kan stap om vrouens te bemagtig met kennis om hulself mooi en stylvol elke dag te kan aan trek. 

Oor Lizanne en The Crown

Ek, Lizanne le Roux eienaar van The Crown het ‘n groot passie vir vrouens, mode, klere en om stylvol aan te trek.  Ek vertel graag meer van The Crown se dienste.

Kleur en Styl Analise Dienste

As voorkomskonsultant en stilis spesialiseer ek in kleurseisoen analises, waar ek na verskillende faktore kyk en dan die perfekte analise maak watter kleur klere gaan perfek by jou as individue pas, dis uniek tot wie jy is.  Die voordeel hiervan is jy weet presies watter kleur klere om te koop en wat nie.  Daar gaan jou vrae van hoekom lyk ek so moeg vandag maar ek het dan goed geslaap sy antwoord kry. Dis die verkeerde kleur toppie.

Liggaamsvorm en Silhouette Analises

Ek spesialiseer ook in styl analises waar ek jou liggaams vorm en silhouette analiseer sodat jy presies weet hoelank jou toppies moet wees.  Watter snit broeke en toppies om te dra en watter nie.  Waar gaan ons elemente verbloem en waar gaan ons dele beklemtoon.   Watter soort materiaal en styl gaan by jou pas.  Neklyne en moue soorte word bespreek.  Ons kyk ook dan na patrone (kolle, strepe, blomme, blaarmotiewe, check, gingham en vele meer) wat goed by jou sal pas.

Stylpersoonlikheid en Klerekas Organisasie

Volgende neem ek ook jou stylpersoonlikheid in ag, met ander woorde hoekom dra jy wat jy dra? Hoekom hou jy van gemaklike kleredrag of van kant. Dis jou stylpersoonlikheid wat hier vasgestel word.

Met al die bogenoemde analises gemaak is dit sommer baie maklik om jou klerekas binne te vaar en uit te gooi wat nie reg is volgens jou analise nie.  Dis tyd om hopies te maak van watter klere hou jy, wat skenk jy vir liefdadigheid, watter klere benodig herstelwerk.  Rangskik sommer ook dan jou klerekas volgens kleure, dit gaan elke oggend se aantrek vergemaklik en jy weet presies wat is in jou klerekas. Met jou volgende aankoop van klere weet jy presies wat om te koop en wat nie, so kan die oortollige toppies nie meer opgegaar word in jou kas nie.  Maak gerus ‘n inkopielysie van items wat benodig word of vervang moet word wat wollerig, uitgewas of uitgerek is en moontlik ‘n gatjie of drie al het. 

Personal Shopping en Stylis Op Roep

Ek bied ook ‘n “personal shopping” diens aan. As jy gereed is om die winkels in te vaar of nog beter sommer aan lyn te wil bestel is ek daar vir raad en advies. 

Ek lewer ook ‘n Stylis op roep diens wat behels as jy ‘n funksie het maar geen idee het wat om aan te trek nie stuur jy ‘n whatsapp boodskap met die nodige inligting van die funksie en kleredragkode en ek help jou vining en maklik om die perfekte uitrusting te kry vir die geleentheid. Hetsy dit uit jou eie klerekas is of aankoop van een ek is daar om te help.

Grimeerkursusse en Makeovers

Ek bied ek ook in persoon basiese grimeer klasse aan. Jy leer dan in die twee ure met jou eie grimering om jou dag tot dag grimering in 5minute te kan doen met minimum produkte wat benodig word.  Jy kan ook geskenkbewyse aankoop vir die grimeerklas of vir enige van my pakette. 

Makeovers is ook beskikbaar waar ons vir jou ‘n nuwe haarstyl en kleur gee asook kleredrag voorstelle en geleende uitrustings perfek vir jou vir die dag vir die foto’s wat jou spogdag saamvat vir jou om altyd te onthou.

Afsluiting en Digitale Dienste

Na ‘n mondvol van dienste wat gelewer word sluit ek af met die Style Script produk. Dit is spesifiek gemik op dames wat te ver woon om my in persoon te kan kom sien.  Ek stel met behulp van 6 foto’s vir jou ‘n +- 50 bladsy dokument op wat al die bogenoemde analises bevat en jy weet presies wat vir jou liggaamsvorm en styl gaan pas.  Aantrek was nog nooit SO maklik nie.  Mooi wees kom van binne!

Ek sluit graag af, met al wonderlike dienste wat beskikbaar is aan wonderlike vrouens om elke dag hul goddelike kroon met trots, selfvertroue en styl te kan dra.  Waagmoed om die lewe te vier en elke dag vol hoop, geloof en liefde aan te pak.  Vier jouself en vrouwees saam met my! Ons as vrouens verdien om goed te voel en goedvoel deel van elke dag te maak.  Maak vandag jou DAG EEN van jou stylreis anders sal dit vir altyd EENDAG se reis bly.

Ek sien uit om jou stylreis saam met jou te geniet aanlyn of in persoon.

Alle pryse en pakette is op my Facebook blad, Instagram blad asook WhatsApp se katalogus beskikbaar. Voel gerus vry om my te kontak vir enige navrae. Ek help graag!

Wag daar is meer: Kry 10% af, gebruik die kode: jscreation10 as jy bespreek.

Kontakbesonderhede

📞 Tel: 069 588 0685

💬 WhatsApp: Stuur ‘n boodskap

👍 Facebook: The Crown

📸 Instagram: the_crown_image

📧 E-pos: the.crown.image.consultant@gmail.com

🔗 Link tree: The Crown Image Consultant

Liefde

Lizanne le Roux

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

BPC REPORT 4: 1.3.0 Free Checklist Not Completed, 23/02/2025 08:02:20 Deactivated Has SSL Cookies disabeled or was accepted
×

Did you know that you can place your orders via WhatsApp? Click Here to get started.

All search results
0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop