Staan jy in die oggend voor die spieël  en wonder hoekom lyk jou voorkoms of toppie nie perfek nie?  Voel jy vaal en afgemat, al dra jy ‘n nuwe toppie?

Die rede kan een van drie redes wees of moontlik almal.  

  1.  Jy dra die verkeerde grootte bra.
  2. Jy dra die verkeerde kleur toppie.
  3. Die snit van die toppie pas nie by jou liggaamsvorm en stylpersoonlikheid nie. 

Hoe nou gemaak? Maklik!!

Om die regte grootte bra te dra is nie net belangrik vir gemak nie maar ook vir jou gesondheid, selfvertroue, algemene welstand  en jou voorkoms.  GEMAK is die sleutel woord wanneer dit by onderklere kom.  ‘n Bra wat perfek pas om die lyf, die regte koppiegrootte is en gemaklik is, is uiters belangrik.  Vermy bandjies wat in jou skouers insny, draad wat druk, bande wat optrek en koppies wat plooie maak of oorvol is.  Die verkeerder grootte bra kan lei tot postuur probleme, rugprobleme en ‘n voorkoms wat nie nawense is nie. 

Maak seker jy koop ook die regte kleur onderklere.

Nude of vleeskleurige bra’s is die beste kleure bra om onder enige kleur toppies veral ‘n wit toppie te dra. Vermy om ‘n wit bra onder ‘n wit toppie te dra.  Ruil eerder jou wit bra vir ‘n vleeskleurige (nude) kleur en sien watter groot verskil dit maak. 

Maak seker dat jy jou bra’s in ‘n aparte wassakkie was en nie net los saam ander klere nie dit sal die dra tydperk van die bra verleng asook voorkom dat dit te vinig uitrek en pap word.

Maak vandag seker dat jou bra’s die regte grootte is. Ons het dit maklik gemak vir jou om in die gerief van jou eie huis sommer maklik en vining te meet en te bepaal of JOU bra die regte grootte is. 

Indien jy onseker is of hulp benodig skakel gerus vir Lizanne voorkomskonsultant van The Crown om jou te help om jou regte grootte bra te vind.  Vra gerus raad by haar oor die regte kleur klere asook style en snitte wat by JOU liggaamsvorm perfek gaan pas.

Volg gerus die skakel wat aangeheg is om jou gratis bra table af te laai.

https://jscreations.co.za/wp-content/uploads/2024/04/HOW-TO-MEASURE-YOUR-BRA-SIZE-v2.pdf

Hierdie insiggewende artikel is met sorg en professionaliteit saamgestel deur Lizanne van The Crown, ‘n gerespekteerde Image Consultant. Vir meer persoonlike styladvies en konsultasies kan jy Lizanne kontak op:

📞 Tel: 069 588 0685

💬 WhatsApp: Stuur ‘n boodskap

👍 Facebook: The Crown

📸 Instagram: the_crown_image

📧 E-pos: the.crown.image.consultant@gmail.com

🔗 Link tree: The Crown Image Consultant

Vir ‘n toekoms waar jou klerekas so uniek soos jou persoonlikheid is, …maak vandag nog ‘n

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

BPC REPORT 4: 1.3.0 Free Checklist Not Completed, 23/02/2025 08:02:20 Deactivated Has SSL Cookies disabeled or was accepted
×

Did you know that you can place your orders via WhatsApp? Click Here to get started.

All search results
0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop